Vind asseblief aangeheg ’n klankgreep van Cilliers Brink LP.
Die DA is tevrede met hoe die verkiesing tot dusver verloop, met die meeste stemlokale in die land wat op tyd oopgemaak het en geen groot ontwrigtings wat aangemeld is nie.
Daar is vroeë aanduiding dat die opkoms oorweldigend positief is in sterk DA-vestings. Dit is tekenend van die vertroue wat kiesers het in die DA se bewese rekord van dienslewering en die vermoë om dinge gedoen te kry.
Daar is berigte van lang rye by sommige stemlokale, maar ons moedig kiesers aan om in die ry te bly staan totdat hulle gestem het. Elke stem tel as Suid-Afrikaners die ANC uit munisipaliteite wil skop en met die DA, wie op dienslewering gerig is, wil vervang.
Die keuse in dié verkiesing is eenvoudig: Kiesers kan besluit of hulle in ’n korrupte ANC-munisipaliteit wil woon, of in ’n DA-munisipaliteit wat betroubare dienste lewer en nie korrup is nie.
Die Federale Leier van die DA, John Steenhuisen, het vanoggend sy kruis getrek in die Noorde van Durban. Hy het die DA se verbintenis tot die beginsels van effektiewe regerings benadruk. Geordin Hill-Lewis, Mpho Phalatse, Randall Williams and Tyrone Gray, van die DA se burgemeesterskandidate, het sonder enige insidente in hul betrokke munisipaliteite hul kruisie getrek. Dit is die span wat gereed is om ’n einde te bring aan dekades van ANC-verval, verandering te bring en beter dienste te lewer.
Elke kieser moet deel in dié historiese oomblik en deel word van die blou golf. Slegs die DA is groot genoeg en het die hulpbronne om die ANC se maalkolk van verval te keer.