DA ondersteun beroep om hersiening van Kannaland-burgemeester

Vind asseblief aangeheg ’n klankgreep van Cilliers Brink LP.

Die DA ondersteun die beroep dat die ANC en ICOSA se keuse vir Kannaland-burgemeester hersien word.

Beide die partye moet herbesin oor die aanstelling van ’n veroordeelde kinderverkragter as burgemeester en sodoende verseker dat ’n geskikte kandidaat verkies word.

Soos miljoene Suid-Afrikaners regoor die land, was die DA woedend dat ’n veroordeelde kinderverkragter tot die amp van burgemeester bevorder is.

Almal behoort bekommerd te wees oor hierdie kwessie in ’n land geteister deur die gruwel van geslagsgebaseerde geweld en seksuele mishandeling.