Sterk momentum van die DA op die eerste dag van spesiale stemmery

Vind asseblief aangeheg ’n klankgreep van Cilliers Brink LP.

Soos die eerste dag van spesiale stemming ten einde loop, is die DA tevrede dat die proses met minimale inmenging verloop het, behalwe vir enkele ontwrigtings wat deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in KwaZulu-Natal aangemeld is.

Die DA het kennis geneem van die spesifieke stemlokale waar hierdie ontwrigtings plaasgevind het. Alhoewel ons glo dat daar geen rede is om nou aan die OVK te twyfel nie, sal ons die stemprosesse fyn dophou om te verseker dat elke stemgeregtigde Suid-Afrikaanse kieser die geleentheid het om vry en regverdig te stem.

Die DA is verbind daartoe en onderneem om alle verkiesingsreëls na te kom en ons geskiedenis wys dat ons altyd volgens die reëls speel.

Vandag kon DA-partyleiers en burgemeesterskandidate sonder voorval stem. Benewens die drie DA provinsiale leiers wat in hul onderskeie provinsies gestem het, het vandag se program ingesluit:

  • DA federale raadsvoorsitter Helen Zille het gestem by Hoërskool Pinelands, Kaapstad;
  • DA burgemeesterskandidaat vir Ekurhuleni, Refiloe Nt’sekhe, het by Hoërskool Jeugland, Kempton Park getem; en
  • DA KZN-leier, Francois Rogers, wat by die Kokstad-stadsaal gestem.

DA-leier, John Steenhuisen, wat vergesel is deur die DA se burgemeesterskandidaat vir die Stad Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het kiesers aangemoedig om hulle stemme te gebruik om DA in Kaapstad te herverkies sodat ons selfs meer in die Kaapstad kan vermag.

Vir Suid-Afrikaners wat aan die ontvangkant van die ANC se verwoesting in munisipaliteite was, is die DA die oplossing met ’n regeringsmodel om korrupsie uit te roei, dienste te lewer en dinge gedoen te kry. Dit is die boodskap wat DA provinsiale leiers en aktiviste in hul ontmoetings met kiesers regoor die land gelewer het.

Môre, op die tweede dag van die spesiale stemming, sowel as Maandag op stemdag, sal jy die DA by stemlokale regoor die hele Suid-Afrika sien, en ons nooi jou uit om na die DA-tafels te kom waar die DA jou kan help.

Die DA het ’n kandidaat in elke wyk in Suid-Afrika – dit beteken dat die DA hierdie naweek en op stemdag in elke uithoek van die land teenwoordig is.

Die plaaslike verkiesing is ’n verkiesing met gevolge wat die volgende vyf jaar gedra sla word. Die DA moedig alle Suid-Afrikaners aan om hul stem dik te maak deur te stem vir ’n party met ’n bewese rekord van regering het. Die land, en veral ons plaaslike regerings, kan nie nog vyf jaar van ANC-korrupsie en -wanbestuur bekostig nie.