Gee vir die DA die mandaat om ’n Landelike Veiligheidseenheid binne die Tshwane Metropolitaanse Polisiedepartement te skep

Vind aangeheg ‘n klangreep deur John Steenhuisen.

Vir ‘n geruime tyd vra die Demokratiese Alliansie (DA) vir die skepping van toegewyde landelike veiligheidseenhede om plase en kleinhoewes teen kriminele aanvalle te beskerm. Vandag, hier by Aardklop, vra ons die mense van Tshwane om die DA ‘n 50% plus een meerderheid te gee sodat ons net so ‘n eenheid kan skep as deel van die Tshwane Metropolitaanse Polisie Departement (TMPD).

Alhoewel Tshwane geklassifiseer word as ‘n metropolitaanse munisipaliteit is daar enorme landelike gebiede wat binne die stad se grense val – van Kameeldrift in die noord-ooste, tot Winterveldt in die noord-weste, tot Bronkhorstspruit in die weste. Tshwane se verantwoordelikheid vir hierdie landelike gebiede is ten deels ‘n gevolg van die swak deurdagte samesmelting van Tshwane en die voormalige munisipaliteite Nokeng tsa Taemane en Kungwini in 2011.

Die samesmelting het Tshwane met verskeie finansiele en bestuursprobleme gelos, maar een van die dringendste uitdagings is om die landelike gemeenskappe binne die metro se grense te beveilig. Die Suid-Afrikaanse Polisie misluk met die uitvoering van hierdie taak – nie noodwending omdat individuele beamptes nie probeer nie, maar omdat die nodige politieke ondersteunining, bestuur en hulpbronne ontbreek.

Ons weet ook dat die polisiëring van landelike gemeenskappe bemoeilik word deur swak paaie, swak openbare beligting en ‘n gebrek aan straatname. Inwoners en werkers op plase, natuurreservate en kleinhoewes loop veral deur onder diefstal. Maar hulle is ook kwesbaar as dit kom by geweldsmisdade soos roof, moord en seksuele aanranding. In die tyd wat dit neem om ‘n aanval aan te meld en die polisie te ontbied word slagoffers baiemaal onderwerp aan afgryslike brutaliteit. Ons moet doodeenvoudig iets doen om hierdie golf van geweld te stop.

Daarom verwelkom ons die onderneming deur die Burgemeester van Tshwane, Raadsheer Randall Williams, om ‘n toegewyde TMPD Landelike Veiligheidseenheid op die been te bring as die DA ‘n duidelike mandaat kry om die werk wat ons in 2016 in Tshwane begin het voort te sit. Hierdie onderming vorm deel van die DA-manifes vir Tshwane. Ons sal veg om dit te implimenteer, maar ons beste kans om dit reg te kry is as 50% plus een van Tshwane se kiesers vir die DA stem.

Hier is hoe die eenheid sal werk:

  • Dit sal begin met 50 toegewyde lede wie vertroud is met die gebiede waar hulle werksaam sal wees;
  • Hierdie getal sal die eenheid in staat stel om in skofte te werk om 24/7 beskikbaarheid te verseker, wat in die praktyk sal neerkom op 10 lede per skof;
  • Ten minste vyf (5) voertuie per skof sal vereis word. Maar ander patrolleeringsmetodes sal ook gebruik word, insluitend voetpatrollies en motorfietspatrollies;
  • Die sukses van die eenheid sal afhang van effektiewe samewerking met die SA Polisie sowel as gemeenskapspolisieeringsforums, buurtwagte en landbou-organisasies.

Die skepping van die TMPD Landelike Veiligheidseenheid sal maar ‘n eerste stap wees om Tshwane se landelike gemeenskappe te beveilig, maar ons glo dis ‘n belangrike stap. Ons kan nie meer bekostig om die werk van munisipale polisie te beperk tot die afdwing van by-wette en die beheer van verkeer nie – veral as hulle wet die kapasiteit het om meer te doen om gemeenskappe saam te bring in die stryd teen misdaad.

Hierdie is ‘n voorbeeld van hoe die DA dinge gedoen kan kry in munisipaliteite waar ons in beheer is, mits ons ‘n sterk genoeg mandaat van kiesers kry op 1 November. Ons glo dat die TMPD Landelike Veiligheidseenheid en ander inisiatiewe wat gelei word deur DA-beheerde dorpe en stede kan help om ‘n bewoonbare toekoms te skep hier in Suid-Afrika en gemeenskappe te beskerm teen die ergste gevolge van nasionale staatsverval.